Selfvertroue

Ek het nog altyd geglo dat n mens ver in die lewe kan kom as jy net n goeie selfbeeld het en selfvertroue het baie daarmee te doen.  Nie “smug” nie, maar net n goeie idee van wie jy is en waar jy wil heen.

Ek glo ook dat een klein dingetjie n ou se selfbeeld en jou selfvertroue die wereld se skade kan aandoen – en dan is dit een merske stryd om dit weer te herwin.

Hier is my selfvertroue storie:

Toe ek hier by Econometrix begin werk het, die tweede week se eerste dag, moes ek my baas Jetpark toe vat.  Ek dink die onheilige ondervinding het ek hier gedokumenteer in kleur met klank.  Ek het toe al geweet dis n ding wat elke 3 maande sou gebeur en het myself daarteen gestaal.  In die geval waar ek so ongoddelooslik verlore raak soos daardie dag, ry ek die pad weer n slag – die regte pad natuurlik – net om seker te maak dat ek myself nie weer in so n situasie bevind nie, want ek haat dit om verloor te wees.

Gister – gister moes ek toe weer die pad Jetpark toe aandurf, maar sonder dat ek die regte pad eers verken het, soos ek myself vir 3 maande belowe het ek sou.  Ek bid toe die vorige nag om en slaap omtrent nie, van skone vreesbevange angs oor die pad wat my van my selfbeeld beroof het.  Gister oggend neem ek toe soveel voorsorg as moontlik, maar niks kon my voorberei op die feit dat as ek die eerste keer gelees het, ek die pad sonder enige moeite sou kry nie.  Ek was plein stupid.

Gister het ek toe my “ry-selfvertroue” terug.  Met baie gebed mind you, maar nou weet ek, as jy kan lees kan jy kook en as jy kan lees kan jy ry!!

AF ARM UPDATE:  Met die skouer gaan dit baie beter.  Johan sou vandag in n groot Infantarie parade gewees het as RSM and all, maar vanoggend het hy tot sy spyt agter gekom hy kan nog nie salueer nie, en dit is ongelukkig n voor vereiste van die hele dril-ding.  Needless to say, die ou se moraal is maar bietjie laag, maar hy kan darem Army-Army speel al mag hy nie op en af masjeer nie.

Mooi bly, praat weer

 

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Selfvertroue”

  1. Wipneus! Says:

    He he ek is bly jy het die pad darem die keer gekry!
    Sterkte met die arm storie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: