Om 21 te wees…

Soos ek reeds gese het, is dit my oudste meisiekind se 21ste verjaardag op die 21ste Julie 2008.

Gisteraand sit ek en die RSM rustig en gesels oor die laaste 21 jaar en ons kom tot die besef dat ons niks sou verander nie. Dalk n bietjie tweak in die finansiele departement, maar absoluut niks verander nie.

Ek het onbepland swanger geraak en ons is kort daarna getroud in n klein seremonie met heel naaste vriende en familie – daar was 46 mense om saam met ons te kuier.

Jeanne is gebore in Julie 1987 nadat ons uit Carletonville getrek het Johannesburg toe, toe ek 5 maande swanger was en haar 2 keer amper verloor het.

Ek het 21 geword in September 1987, sonder fanfare en baie arm. Onthou, dis die 16de van die maand, wie het dan nog n sent in jou sak. n Baie goeie vriend het onverwags opgedaag, vir my gese om mooi aan te trek en ons uitgeneem vir ete by Mike’s Kitchen.

Vandag wil ek ander dinge doen vir my kinders. Ek wil vir hulle n geleentheid gee om hulle verjaardag te vier saam met vriende en familie, maar in my hart sal ek altyd daardie aan onthou toe Andrew ons gered het van nog mince en rys.

So het ons n familie groot gemaak wat, ek hoop, die waardes saam met hulle sal dra wat ons in 21 jaar vir hulle probeer leer het. Ek wonder soms nog steeds of die hospitaal die regte babas saam met my huistoe gestuur het, want daar is baie dae wat ek seker is hulle is nie myne nie. My soet kinders bly by iemand anders. Nou sien ek uit na die jare wat voorle. Daar is Corle wat 21 word oor 3 jaar, daar is Jaco wat 21 word oor 5 jaar en dan is daar my en die RSM se hele lewe wat voorle.

Dit klink nogal exciting, ne??

So tussen ons – ek wil bietjie skinner! Johan het opgehou rook en vandag is DAG 10. Dit gaan maar moeilik. Die ou sukkel verskriklik, maar ons is al by dag 10 en ek het nooit gedink ek sal die dag sien nie. Hou asseblief duimvas vir hom, bid die wat so voel, ek is elke dag om my kniee om te vra dat hy net vir vandag nog sal uithou.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

9 Kommentaar op “Om 21 te wees…”

  1. BB Says:

    EK hoop ek onthou om die 21ste in te loer… kom remind my , toe asb, sodat ek ‘n mooi boodskappie kan los??
    Ek is so blessed om te kan s dat my enigste mooiste meisiekind een van my beste vriendinne geword het. Ek het in haar tienerjare verseg om haar ‘pl’ te wees – dit was toe tyd vir die total mamma-want-ek-s-so dinge…
    Ons tweetjies se 21st het maar baie dieselfde afgeloop, skat – birds of a feather??? :mrgreen:
    ( ( ( Koeksietjiekie ) ) )
    Sterkte met jou se liefie!! (vir julle altwee!! 😉

  2. Koeksuster Says:

    Is dit nie juis daai ding van “dit sal nooit met my kinders gebeur nie”! Ek het eenvoudig gese my kind sal n verjaardag he – en nou het sy een.

    dankie vir jou liefde BB
    R

  3. Wipneus! Says:

    Sterkte vir Johan met die ophou rook storie!!

    Ek hoop jou meisiekind gaan ‘n wonderlike 21ste verjaarsdag hê

  4. krista Says:

    Sterkte met die ophou rook, dis nie maklik nie.

    Geluk met die 3 kinders van julle – hulle is pragtig!

  5. oopkop Says:

    Ek bel en bel. For why you no answer? Dit wys dalk pvt no.

  6. Koeksuster Says:

    OK Opie, ek sal jou nou-nou n lui gee.

    Liefde
    R

  7. BB Says:

    HAAAAAAAAPPPPYYYYYYY BIRTHDAYdear Jeanne!!!! Mag die Here jou sen en hierdie jaar jou beste ooit maak!! xx

  8. Wipneus! Says:

    Happy birthday to you ♪ ♪ Baie geluk met jou 21ste Jeanne, geniet die dag, en alles wat mooi is vir die jaar vorentoe!!

    Geluk met julle meisiekind se 21ste koeksuster!!!! 😆

  9. rb Says:

    Ai, al is dit so bietjie laat, s asb Happy Brithday vir my verjaarsdag maatjie wat ek nog nie ken nie!
    Ekke het ook 21 geword op die 21 Julie, maar net so paar jaar terug al.
    Hoop alle het goed gegaan. Ek ken darem so paaaaaaaar mense wat saam met ons verjaar.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: