En toe is dit verby..

So vinnig soos hierdie 21ste gekom het, het dit gegaan!  Die een oomblik is ons besig om ballonne op te blaas en die koek uit te pak – die volgende oomblik is alles verby.

Gisteraand – haar regte verjaardag – het ons ge-sjampanje en nog koek (ons tel nie kaloriee op verjaardae nie – teen die wet van miete in perskes)!  Ons het spesiale kos gemaak en die “skoonseuns” genooi.  Rustig en stil by die huis.

Saterdagaand wat heel n ander storie: 

Vroeg middag het ons al die shopping by die lapa aangedra (en tussen in die rugby gekyk).  Die drank is uitgepak, die ballonne opgeblaas.  Pa het die skaap op die spit gesit en gekyk hoe dit draai en draai.  (En glo my, nie een sigaret nie – kan julle glo).  Hy het rustig sy biertjie gedrink en die skapie opgepas terwyl alle hel binne losbars.

Uiteindelik – so 5.30 kom die DJ daar aan en begin sy goedjies reg kry.  Die gaste begin aankom en toe:

My mooi meisiekind – in haar mooiste nuwe kleertjies, met n glimlag so groot.  Sy het gestraal!

Ons het gekuier en geeet en nog gekuier en gedrink en gelag en gedans tot hane kraai.  Ek, Johan en Jaco is so 2 uur daar weg.  (Gelukkig is huis net om die draai).  Die kinders was 6uur by die huis – n mens mors nie goeie 21ste vieringe nie.

Sondag skoongemaak en nog gekuier met die oorblyfsels (mense en kos) van Saterdagaand.  Maandag, nog gekuier en daar was nog baie oorblyfsels van alles.

Dit was voorwaar soos n Joodse troue wat 7 dae aanhou.

Baie, baie dankie aan almal wat daar was, wag gehelp het (Alex, Mian en Adrian het help braai). Baie dankie vir mooi geskenke en baie, baie liefde. 

Aan almal wat nie daar kon wees nie – julle is dierbaar en spesiaal.  Elke mooi wens, SMS en oproep was uiters spesiaal.

Baie liefde, gesels more en ek sal sommer n klomp fotos ook bring.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “En toe is dit verby..”

  1. oopkop Says:

    Klink asof ons ‘n GROOT party gemis het. Ek is regtig jammer ons kon dit nie maak nie, ek wou so graag gaan. Ons sal moet opmaak daarvoor. Ek is oraait. Hoop dit gaan goed daar.

  2. Wipneus! Says:

    Klink of dit heerlik was, kan nie wag vir die foto’s nie!

  3. Koeksuster Says:

    Dankie julle, ja dit was n fees – en ek is so bly dis verby en daar is nog drie jaar voor die volgende een….. ehehehe


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: