Heerlike somer Sondag

Sondag was so n lekker dag.  Die heel eerste keer (seder Februarie) wat ek weet die somer kom weer, ten spyte van wat die winter my wou wysmaak.

Ek raak ook depressief in die winter.  Dis asof die buite die binne namaak, of anders om.

Sondag was dit die Military Association of Gauteng se Lente piekniek by die Oorlogsmuseum in Parktown.  Ons het so 250 mense verwag, en tot ons absolute verbasing het meer as 600 mense opgedaag.  Daar is sambrele opgeslaan, coolerboxes oopgemaak, biere verwyder en gekuier dat die sop spat.  Ek het mense raakgeloop wat ek jare laas gesien het.  Ou vriende weer vriende gemaak.

Die Lugmag orkes en die Skotte en Iere se pipe bands het vir wonderlike vermaak gesorg – so n bietjie ge-“walk down memory lane”. 

Dit was heerlik om die warm son weer op ons gesiggies (nou rooi gebrand) te voel en vir dae lank room te smeer.

Volgende keer (dit lyk soos die 11de November) hou ons n “Carols by Candlelight” op dieselfde plek.  Hopelik sal almal weer kom saam onthou en kuier.

Lekker dag almal, ek hoop die son skyn op elkeen vandag.  (Jaco, jy klink bietjie beter – hoop jy voel ook so).

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Heerlike somer Sondag”

  1. BB Says:

    Net om te se – ek kom draai darem nog hier… xx

  2. Koeksuster Says:

    Dis so lekker om jou te sien Biebs.

    Lekker week vir jou!!

  3. Krista Says:

    Ons wag nog om te hoor hoe was die birfday toe . . . 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: