Baie geluk Anja en Didi…

Hiermee voeg die hele Potgieter gesin hulle gelukwense by die van honderde ander vriende op die Blogs. 

Baie geluk Anja en Didi met julle dogtertjie – mag sy vir julle vreugde and nachas bring – mag julle die laggies raaksien en die trane en tantrums verdra.  Mag julle krag ontvang van die Allerhoogste om julle taak as ouers met oorgawe en liefde te verrig en mag sy vir julle die seen wees wat sy bedoel is om te wees.

Baie dankie aan Krista en Jaco wat ons op hoogte gehou het van die gebeure in Warmbad.  Julle is twee in n miljoen, ons waardeer julle opreg – regtig!

Baie liefde – ons sien julle wanneer julle terug is.

Rachelle, Johan, Jeanne, Corle en Jaco

Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “Baie geluk Anja en Didi…”

  1. Krista Says:

    ♪ . . . and so say all of us! ♪

  2. Jeannie Says:

    HAPPY BIRTHDAY TO YOU
    HAPPY BIRTHDAY TO YOU
    HAPPY BIRTHDAY DEUR KOEKSSSSS
    HAPPY BIRTHDAY TO YOU !!!
    😉

    Mag jy ‘n wonderlike dag hê, ek hoop daar is nog baie meer.

    Luv U

  3. Koeksuster Says:

    Dankie julle.

    Krista, enige nuus van Anja???

  4. Krista Says:

    koeks, anja het nie haar foon by haar nie, maar . . .

    die hospitaal beveel aan dat peanut 2 ml op ‘n slag drink, maar anja gee haar soveel soos sy wil hê (short of force feeding haar sodat sy gouer uit die hospitaal kan kom)

    hulel wou eers nie gehad het sy moes blikmelk drink nie, maar anja se melk was nog nie in nie, so ons het maandag-aand vir haar ‘n blik melk gestuur met ‘n spuitjie en ‘n hoop ander goed en sy het blykbaar baie tevrede aan die slaap geraak na sy haar 1ste bietjie melk ingekry het (imagine: niks te drinke van geboorte af tot maandag-aand nie!)

    /me raak sommer boos!

  5. Krista Says:

    ♪ Happy birfday to youuuuuuuu . . . ♪

    Lekker verjaar Koeks! Ek hoop daar’s ‘n death-by-tjoklit-koek op jou tafel vannaand! (Bêre tog vir my ook ‘n ou stukkie, toe?)

  6. koeksuster Says:

    Dankie Krista vir die mooi wense en die update. Ek kan nie wag om daai mensie n drukkie te gee nie.

    Dankie aan almal wat my verjaardag onthou het – dit was n stunning dag – ek is heerlik bederf met al die goed wat my gelukkig maak.

    Baie dankie

  7. Zee Says:

    Koeksuster, baie geluk met jou verjaarsdag gister……

    Ek gaan los toe vir jou comment daar by die werf toe hoor ek dis ‘n ander Koeksister daar 😆

    Hoop jy het n baie lekker dag gehad!

  8. BB Says:

    …agteros 😳 sorry Koeksietjie!! May the Lord bless you and keep you all the days of your life! xxx


Lewer kommentaar