Braaidag – Jippeeee!

Laas jaar het ek gedink dis n pot strooi en nie eers myself daaraan gesteur nie.

Hierdie jaar het die kinders n klomp pelle genooi om die dag mee te maak en dit klink soos n party met tanne. Ek het so n paar oues by gegooi net vir die dekorum daarvan, baie bier, baie St. Anna en die party begin in alle erns.

Daar word toe sommer n vinnige spanner in die spikes gegooi toe Pa se n mens hou nie braaidag sonder n klein bietjie onderlinge kompetisie nie, en so word daar toe sommer n kompetisie gereel met n prysgeld en allie dinge. Die prysgeld is op n R1000 vasgestel (ek is nog nie seker hoe dit gebeur het nie).

Nou het ons n klein kompetisie wat die bloed sommer vinniger laat klop (die kinders is aan die stange van die reelings) en ek en Johan en die “ou” mense gaan n hond uit n bos kuier. Dis mos hoe dit moet wees.

Ek hoop elkeen van julle het n stunning braai dag. Geniet die sonskyn, witwyn en die liefde van die mense om julle.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Braaidag – Jippeeee!”

  1. Jaco Says:

    Nou is ek ook sommer lus om ‘n vuurtjie te bou. Hoop die weer speel saam

  2. BB Says:

    Wanneer is di braaidag dan nou 😕 and why was I not invited??? 👿

  3. Koeksuster Says:

    Haai julle, dit was so n lekker dag!! Ons het gekuier en gekuier en ek het toe nie die ou sentjies gewen nie, maar niemand anders het ook nie. Dit was sommer net lekker speel.

    Ek hoop julle het n lekker dag gehad!

  4. Jaco Says:

    Een van die slegste dae van my lewe. Maar ons toe darem eventueel gebraai. Al was dit eers 7 uur gisteraand en al was dit sommer op die cadac


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: