Baba-ding se groot dag!

14 April 2009

Jeanne en die res van die kaboedel (boyfriend/pappa en sussie) was by die Vrydag by die dokter. Die eerste scan en ondersoek van die swangerskap. Ons was so opgewonde – en met reg!!

Die eerste foto’s van ons baba is stunning. Ons baba is perfek, met handjies en beentjies en vingertjies – alles wat sy moet he. Ek is n trotse amper-ouma.

So, toe begin ons brei. My dogters kan nie een regtig die naald opneem met enige sukses nie, maar ek moet se, hulle het my albei verras. Corle se baba-beanie is is 40 rye lank en Jeanne s’n vorder fluks. Ma moet maar die patroontjies brei en ek geniet elke oomblik. Ek is die ou wat hou van ingewikkelde patrone.

Die boyfriend/pappa word baie kwaad, so n op-die-bek-gevalde kwaad, want ek bly by my voorspelling dat hierdie n gesonde Potgieter-dogter gaan wees wat saam met ma en ouma (en ouma-grootjie maaind you) kaalvoel die Drakensberge sal kan aanpak. Die boyfriend/pa is daarvan oortuig dit gaan n seun wees, hy ken duidelik nie die Potgieter gene nie. Nou raak die man stropperig as ons pienk goed koop. Skoon beneuk. (hehehehe – die kinders van vandag)!

So, D-dag is bepaal, ek het klaar verlof ingesit vir die dag en n week na sy uit die hospitaal kom, en ek kan nie wag nie.

As daar oulike baba-patrone is (ek is nie die konvensionele tipe nie), laat my gerus weet. Ek brei graag.

Groete

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Baba-ding se groot dag!”

  1. Krista Says:

    Sjoe . . .

    Ek is bly julle is bly! 😀

  2. Kokkewiet Says:

    Ek is bly alles gaan nog goed met baba en mamma en natuurlik die ouma ook!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: