Hoeveel moet n mens verduur, is die vraag

Jaco se, baie meer as wat jy dink.† Ek is geneig om met hom saam te stem, maar erens moet n mens darem seker n break kry.† Bliksem.

Die rede vir die inskrywing was alweer n kar.† Dis altyd n kar, of n pregnant dogter of n meisiekind wat matriek skryf, of n seun wat n pak nodig het vir n dans of n siek hond of n dooie duif, maar daar is altyd iets.

Hierdie keer, soos ek reeds gese het, is dit n kar.† Die Ford is mooi reggemaak, die skimming is gedoen, die gaskets is ingesit daar is ge-olie en ge-water en you name it.†

Drie weke later, nadat pa die kar gery het en aan almal vertel het dat dinge nou weer onder beheer is, (hy was aan die begin nie oortuig nie want die hitte wou nie stabiliseer nie), gaan oor verhit die kar, sonder dat pa dit weet, want die guage wys normaal (ek was in die kar, ek het gesien).† Die enjin het snaaks geruik (n vroumens ding dink ek).† Ek se toe vir Johan hy moet stop en kyk, ek voel nie lekker oor die storie nie, pa stop, sit die kar af, en daar borrel rook (of iets) by die engin uit.† Toe hy die kar weer aansit, gaan sit daai naaltjie op omtrent 16 grade bo rooi en ek kon die trane in sy oe sien.† Genoeg is nou genoeg.† Die ou kan nou nie meer nie.† Te veel, te vinnig!†

Nou staan die Ford alweer.† Ek is moeg.† Ek weet nou nie meer waar om die geld uit te grawe nie, maar die kinders moet skooltoe, Corle moet matriek skryf en Jeanne moet op een of ander manier hierdie baba in die wereld bring.† Hoe weet ek nie.

Van daar my vraag.† Wanneer gaan dit ophou?† Wanneer gaan ek n slag die lig aan die einde van die tonnel sien en besef dat dit nie n trein is wat aankom nie?

Ek wil so graag positief bly, ek wil so bitter graag ophou om dinge te bevraagteken.† Ek neem aan nou is nie die tyd nie.

Dank die Here vir my werk en my wonderlike baas.† Sonder hom en sonder hierdie werk weet ek nie wat ek sou doen nie.

Dankie vir die skouers ouens.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Hoeveel moet n mens verduur, is die vraag”

  1. Zee Says:

    Ai toggie, ons is omtrent in dieselfde boot. Het ons kar 3 weke terug laat diens, kos ons ‘n plaas se prys en oppad Sondag van die kus af Jhb toe “poef” hy net. Ons moes die kar op ‘n trok laai wat nog ‘n klompie gekos het. Nou wag ons maar in spanning om te hoor wat dit gaan kos om reg te maak.

    Sterkte vir julle….

  2. Koeksuster Says:

    Dankie Zee, en dis n gevoel wat ek ken, so my hart gaan uit na julle. In die dae waarin ons lewe is dit baie moeilik om by te hou, maar ek sal deur druk. Hierdie onkruid vergaan nie so maklik nie.

    Gebruik maar my skouer!

  3. Jaco Says:

    Ek weet sooooooo goed presies waar jy jouself nou bevind, want ons is ook daar. Ek het nie raad daarvoor nie, maar wel ‘n klein brokkie advies. Moet net nie vra “wat kan nou nog verkeerd gaan nie”

    Sterkte julle. Somehow, this too shall pass

  4. Eendjie Says:

    Soos die Engelse spreekwoord sÍ: “It never rains but it pours.” Daarvan kan ek ook getuig. Sterkte daar, dinge sal beter word.

  5. Koeksuster Says:

    Ja Jaco, this too shall pass, maar gaan dit wees voor ek pass…?? Of uitpass.

  6. krista Says:

    BB het hierdie teorie: jy moenie vra wat nog nie (veral nie hardop nie). Die bose geeste om ons sal jou hoor en dan uit spitefullness die res ook laat breek, swanger raak, siek word, matriek dop, pampoentjies kry, steriel raak, name-it-all-up-it-will-happen . . .

    So nee, NIKS meer nie, hoor julle my?????? DIS NOU KLAAR!!!!!!!!

  7. Koeksuster Says:

    Jy is heeltemal reg Krista (en Biebels). Dankie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: