Ek skryf nou die dag op facebook dat my hele lewe verander het en dat ek laas jaar die tyd nooit sou kon droom dat ek hier, op hierdie plek in my lewe sou wees nie…

Die naweek neem iemand toe sommer aan dat daar probleme in my huwelik is. Nadat ek daai een in die kiem gesmoor het wonder ek toe of ander mense nie dieselfde idee het nie. Daarom skryf ek hierdie post.

Ter regstelling: Daar is NIE probleme tussen my en Johan nie. Om die waarheid te se, ons is so besig ons sien mekaar skaars, so daar is nie n kans om te baklei nie. As ons mekaar wel sien is ons moeg en gaan slaap ons vroeg. Daar is dit nou.

Die veranderinge waarna ek verwys het was my ontsettende besige lewe, die feit dat ons so hard werk, en dat ons nooit meer in die kantoor is nie. Die feit dat ons 5 vergaderings n dag het waarvan daar partykeer tot 3 presentations is, dit vat baie lank om so n presentation aan mekaar te slaan – soms tot 4 ure, dit moet ons dan tussen in druk. Die lewe is baie besig.

Dan is dit nog silly season ook, so na ure is daar die een cocktail op die ander, middag etes en ontbyte. Ek kla nie, die soort ding is vir my lekker, ek geniet dit ongelooflik baie, maar ek sou n jaar gelede nooit kon droom dat ek hierdie tipe lewe sou lei nie. Dis ongelooflik – dis exciting en mallerig.

Nou staan ons aan die vooraand van die eerste vakansie van die jaar en ek kan nie wag nie. Ek is baie moeg, ek wil net slaap vandag, want tussen die werk se dinge het ons nog die naweek die GROOOT parades van die jaar gehad, daar is soms so 3 op n dag. Dit van aan n mens, maar vandag voel ek lekker, want die Citizen het een van my foto’s van Saterdag geplaas, so my hart sing. Dit maak dit die moeite werd om op en af the hardloop.

Vandag is dit seer bene, ogies wat nie wil oop bly nie, en n hartjie wat slaap, maar ek is gelukkig en dis hoe my lewe verander het, alles wat my hart nog altyd begeer het in n werk het ek gekry…

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “”

  1. Johan Swarts Says:

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  2. Krista Says:

    Ek is sooooooooooooo bly vir jou part! Om gelukkig te wees in jou werk (al is jy hond besig!) maak dit die moeite werd!

    Ek moet nog net uitvind wat ek wil doen as ek groot is . . . 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: