Vakansie tyd… Almal welkom!

Ek het die wonderlikste geskenk in die hele wereld gekry.  Ek gaan na my Mamma en Pappa toe met vakansie – 10 wonderlike dae in die Kaap.

En toe kry ek nog n verassing:  My seun-kind gaan saam met my! 

So gebeur dit dan dat Tony n ekstra kaartjie het vir die trein af Kaap toe – hulle gaan ook, en hy gee dit vir my.  Ek was in die wolke.  Ek bel toe om seker te maak dat ek in n Coupe sal wees want ek wil nou nie regtig slaap tussen n klomp mense wat ek nie ken nie.  Ja, se die girl vir jy, maar as jy n coupe wil he moet jy n ekstra kaartjie betaal.  Daar is dit toe, ek bel vir Johan en ons het n ekstra kaartjie, wie vat ek saam, en saam besluit ons, sonder om eers te wonder, Jaco se  beurt.

Gister gou die laaste stickertjies gaan opplak en so, en gisteraand slaap my groot kind met sy kaartjies onder sy kop kussing.  Hy maak planne om te werk vir sakgeld (en hy doen – hy verdien n klein huisie vol geld elke week as Trainee Locksmith) en die vakansie kan nou nie meer vinnig genoeg kom vir hom nie.  Ek het hom lank laas so opgewonde gesien.

Ek is bly jy gaan saam Boeta, ons gaan soveel fun he, ek en jy!

Laat my bietjie weet wat julle planne is toe…

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Vakansie tyd… Almal welkom!”

  1. Unpregnantfather Says:

    Vra my volgende jaar weer . . .

  2. rb Says:

    Hi Koeks. Ons het ook so gelukkie gekry om Kaap toe te gaan vir so week, of dalk langer. Ek tel al die slapies en kan nie wag nie. Nog net 30 dan vlieg ons.
    Geniet jou vakansie!!!!!!!!!!!!!

  3. Krista Says:

    Ek hoop jy vat ‘n groot genoeg tas saam . . .

  4. Koeksuster Says:

    Hi RB, ek het 22 slapies oor… Yipeeeee

    Ek het een MOERSKE tas Krista, kom jy????

  5. Koeksuster Says:

    Bring sommer vir Jaco ook….

  6. Krista Says:

    Natuurlik, daar moet genoeg plek in die tas wees vir my en Lyfie en die wosonki en die budoggie en ietsie om aan te kou en ietsie virrie dors . . .

  7. Koeksuster Says:

    Daar is meer as genoeg plek, hel, ek sou glad nie omgee om julle saam te neem nie, dit sou nou die ultimate holiray gewees het, huh? Die eetgoed word voorsien deur die Potgieters en die drinkgoedjies ook. Ek sal selfs n hoefie sponsor vir die kinners.
    R


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: