Nuwe Dinge

Aan almal vir wie ek lief is en wat vir my lief is en vir mekaar lief is … mag die Nuwe Jaar julle stoutste drome oortref! 

Ek kon vanoggend nie glo dat ek opgewonde is om werk toe te kom nie.  Ek kon nie wag nie.  Vir die eerste keer in my lewe – regtig, egtig.  En dis presies so stunning as wat ek gedink het. Ek is gelukkig.

BB – jy het my hart vol gemaak met die pragtige persent vir my.  Wanneer kan ons uitsien na orders.  Ek plaas sommer nou n order vir 7.  Een vir elke dag!!  Baie dankie – o, nog iets, ek is die mees trotsteste mens in die wereld, want my maatjie BB se lietjie was op die TV.  Well done Biebels!! (Volgende keer sing jy self – OK!).

Almal by die huis is gesond en vol bol.  Dis die begin van n nuwe jaar vol beloftes en vreugdes en dinge en almal gaan hulle deel gryp.  Corle is op soek na n werk – en sy wil swot – en sy wil en wil en wil.   Ai die drom van die jeug tog…

Jeanne, wel Jeanne rys uit soos my ouma se beskuit en lyk gesond en so gelukkig soos wat sy kan wees (hehehe – dink natuurlik sy is die heel eerste swanger vrou in die wereld en kry haar self vreeslik jammer oor seer rug en sooibrand en ma lag…)

Jaco, my mooi seun, het groot geword in die twee weke by Ouma en Oupa.  n Regte man wat raak vat (so nou en dan soms nog sulk) maar oor die algemeen n wonderlike nuwe mens.  Hulle raak te gou groot en hy veral!

Met die RSM gaan dit wonderlik.  Hy is baie besig (al klaar) maar hy het lekker gerus en lyk sommer beter.  Hierdie gaan n Duzi van n jaar wees vir hom, maar dit lyk my hy is reg.  Vader Makiskis het vir hom DSTV gebring vir Kersfees, so ons is History chanel van more tot aan en natuurlik die hartseer storie – DAAR IS NIKS OP OM TE KYK NIE – ek kan nie glo hulle kan, tussen 300 kanale, nie een ding kyk wat hulle interesseer nie.  Ek kyk die hele dag 180, gee my die kos kanaal en kyk hoe ek smaail.

Right, daar is die update. 

Mag al die Wonderlike blessings van ons Groot Vader julle almal te beurt val in hierdie Nuwe Jaar.

Groete en liefde

Rachelle

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Nuwe Dinge”

  1. Krista Says:

    Happy, Happy!

    Ek is bly dit gaan goed met julle! Geniet die nuwe jaar.

  2. BB Says:

    Welkom terug Koeksietjiekie!!! Hê ‘n a~m~a~z~i~n~g 2009!!!
    Sterkte met Jeanne – laat weet maar gereeld hoe dit gaan!
    Ag, en Koeksietjiekie, dankie DANKIE vir jou groot ondersteuning! Jy maak my hart vol!! x

  3. Tersia Says:

    Voorspoed, vrede, liefde en geluk vir jou vir die jaar, daar is amper al weer net 11 maande oor!


Lewer kommentaar