Oor Wosonkies…

Ek lees vanogged gou Jaco se post op Wosonki wat losweg handel oor “the meaning of it all” en ek besef weer hoe my lewe regeer word deur roetine. Dis dalk iets wat al gebeur het toe die kinders gekom het, want geen ma kan deur n oggend kom as daar nie roetine is nie. Dalk het dit gekom toe ek begin werk het al, maar ek was toe so loskop ek dink nie roetine het daar enige invloed gehad nie.

Terug na die Wosonki. Jaco het nou al n paar keer gese dat die blog hom soms meer gryshare gee as wat enige mooi man van sy ouderdom behoort te he. Ek is net (op my eie inhalige manier) nie seker of ek n dag sou maak as ek weet die Wosonki is nie more daar nie. Ek het al so gewoond geraak daaraan om die rekenaar aan te skakel, my koffie te gaan maak en dan rustig die Wosonki-goed te lees en my binneste rustig te maak voor die dag begin.

Soms is die blog vir my ook te veel, het ek nie regtig iets om te se nie – dan los ek dit vir n week of twee tot my kop reg is en siedaar. Hierdie blog is meer vir my as ander mense in elk geval. Ek maak half kop skoon as ek hier is. Ek dink – dis gevaarlik, ek weet, maar dis mos maar net my plek. Daar is net n handjie vol mense wat weet dat ek hier is en hulle is meer as welkom om deur my kop te kom krap as hulle wil. Gewoonlik babbel ek mos maar net oor die kinders (en kleinkinders) en kla oor my man.

By Wosonki kry ek kos vir die siel, of die hart, of die lagspiere. Daar is altyd iets wat by my bly deur die dag. n Song wat jy nie uit jou kop kan kry nie of n hond wat ons almal voor bid (ja ons bid vir die Wosonki’s se honde as hulle siek is of rug-af).

Ek weet dis soms moeilik, ons is al almal gekritiseer oor wat ons skryf (arme Da Mario kry dit meer as meeste), dis net vir baie van ons die eerste stop as die dag begin en dit sal maar n vaal dag wees as daai koffie stop nie meer daar was nie.

Genoeg gese,

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Oor Wosonkies…”

  1. Jaco Says:

    Pssssst! Kom gou nader dat ek in jou oor fluister.
    *fluister* As jy wil h jou posts moet wys op ons RSS feeds dan moet jy die post ‘n naam gee. . .
    Dankie vir die kompliment nieteenstaande!

  2. koeksuster Says:

    Ek gee dit DADELIK n naam…

  3. Krista Says:

    Baie dankie, Koeks!

    Roetine is baie goed vir kinders . . . 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: