De moer in

birth-0922Ek het vir Jaco belowe ek sal n lekker post skryf vir Stroopsoet.  Ek het nou al drie geskryf, en elke keer verloor ek die damn ding.  Wat de hel gaan aan.

Your post could not be edited… Dammit, dit vat my bloedsweet en trane om die ding uit my kop te wurg en dan gebeur dit.  Gatvol.

Ek wou skryf oor hoe geseend ek is om die ou babatjie by die huis te he, en ek wou gush oor hoe great my dogter die hele ding hanteer en ek wou skel en skree oor my dogter se boyfriend wat my hele huis omkeer omdat hy so graag n pa wil wees wat die beste vir sy kind wil doen.  Ek is pissed, en nou is ek eerse pissed  oor ek elke keer die donerse ding verloor.

Vanoggend gaan ek toe gou deur die foto’s wat die laaste paar dae geneem is en ek kom op een af van Sorah en haar Oupa op die bed die eerste aand toe sy by die huis gekom het.  Dis vir my die vreugde van my lewe, om te dink… ag net om te dink!

Ek is nog steeds pissed oor die wordpress wat aanhou om my goed te verloor, maar ek is dankbaar vir almal wat liefde gestuur het en vir die oproepe en mooi wense.  Ek is vol liefde en lekkerte en moet asseblief vergewe word omdat ek gush oor haar en omdat ek net foto en foto oor haar plaas.  Please bear with me!!  Vir die volgende paar dae is dit net Sorah en klaar.

Ek hoop die ding doen nou wat ek wil he…

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “De moer in”

  1. Jaco Says:

    Take a tip from a fool. Skryf jou posts in word of iets dergliks en cpy dit dan na woorpes toe. Op daai manier as woordpes droogmaak verloor jy nie alles nie

  2. koeksuster Says:

    Ja Jaco, sal moet. Ek raak so omge-ellie ek wil later nie meer wil skryf nie. Nou sal ek jou manier probeer!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: