Die laaste paar weke is n oogwink verby. Time waits for no man (or woman) en dit voel asof n mens nooit n kans gaan kry om net weer asem te haal nie.
Die lang naweke was heerlik. Ek het pop gespeel en gebrei en nog pop gespeel.Â
Die 27ste het ons die wondelike voorreg gehad om saam met die Rotary op die Magalies Stoom trein te ry. Dit was voorwaar n dag van pampering en groot geniet. Ons het elkeen n pakkie gekry toe ons op die trein klim (9uur in die oggend) met snacks en sjampanje en allerhande bederwe. Dis hoe n man moet trein ry!!
Verder was dit lekker om net te kon rus. Weer asem te skep en net laat te slaap. Ons het lekker baie tyd op die plot in Carletonville spandeer – lekker om saam met familie te kuier.
Nou is dit terug in die tuig en glo my, dit voel asof ek nie eers weg was nie. Dit Rotary hou my besig (dis so lekker) en die werk is n nagmerrie. Met al die tyd wat ons gemis het het deadlines dead-deadlines geword. Genoeg om n man mal te maak. Ons werk elke aand laat en bid maar dat ons nie een mis nie.
Met Jeanne en die baba gaan dit besonder goed. Jeanne is n “natuurlike” ma. Sy het instinktief die rol aangeneem en dit maak my trots om te sien hoe sy met die baba werk en dit doen wat gedoen moet word. Aan die begin was dit bietjie touch and go, sy was baie blue en het nie mooi geweet hoe en wat nie, maar toe sy eers haar pas kry, toe is dit A for Away. Sy maak my baie trots.
Hier is gou n paar foto’s van ons poppie. Sy is nou besig om te “ontdooi”. Sy is langer wakker, erken mense en stemme (veral haar oupa se stem natuurlik – en gisteraand haar Ouma sin). Sy glimlag nog nie, maar daar is beslis twee dimpeltjies in daai wange waar die engeltjies haar gesoen het. Die liefde van my lewe.
Mooi bly almal (wat nog hier kom), ek sal hard probeer om meer gereeld hier te kom
Rachelle